Miceense Griekeland

Deel van 'n reeks oor die
Geskiedenis van Griekeland
Kaart van Griekeland
Griekse Bronstydperk
EgeïesHelladiesSikladiesMinoïesMiceens
Antieke Griekeland
Donker eeueArgaïesKlassiekHellenistiesRomeins
Middeleeuse Griekeland
BisantynsFrankies en LatynsOttomaans
Moderne Griekeland
Miceense Griekeland, omstreeks 1400–1100 v.C.

Miceense of Mukeense Griekeland verwys na die laaste fase van die Bronstydperk in Griekeland (omstreeks 16001100 v.C.). Die naam kom van die argeologiese terrein Micene (ook Mukene gespel) op die Peloponnesos-skiereiland in Suid-Griekeland. Ander belangrike terreine sluit in Tiryns in Argolis, Pylos in Messenië, Athene in Attika, Thebe en Orchomenos in Boeotië en Iolkos in Thessalië, terwyl Kreta en die terrein van Knossos ook deel van die Miceense wêreld geword het.

Nedersettings wat deur die Miceense beskawing beïnvloed is, het ook hul verskyning gemaak in Epirus,[1][2] Masedonië,[3][4] op eilande in die Egeïese See, aan die kus van Klein-Asië, die Levant,[5] Siprus[6] en Italië.[7]

Die Miceense beskawing het agteruitgegaan met die verval van die Bronstydperk-beskawing in die oostelike Middellandse See-gebied. Dit word toegeskryf aan die veronderstelde Doriese inval, maar ander faktore kon ook ’n rol gespeel het, soos natuurrampe en klimaatsveranderings. Hierdie tydperk is die agtergrond van ’n groot deel van die Antieke Griekse letterkunde en mitologie, onder meer die Trojaanse Epiese Siklus.[8]

  1. Hammond 1976, p. 139
  2. Tandy 2001, p. xii (Fig. 1); p. 2
  3. Borza 1992, p. 64
  4. Aegeo-Balkan Prehistory – Mycenaean Sites
  5. van Wijngaarden 2002, Part II: The Levant, pp. 31–124; Bietak & Czerny 2007, Sigrid Deger-Jalkotzy, "Mycenaeans and Philistines in the Levant", pp. 501–629.
  6. van Wijngaarden 2002, Part III: Cyprus, pp. 125–202.
  7. Peruzzi 1980; van Wijngaarden 2002, Part IV: The Central Mediterranean, pp. 203–260.
  8. Finley, Moses I. The World of Odysseus, 1954.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search